saintj

saintj

Tuesday, 04 May 2010

Verlies

rosynhart


moeg is my geworstel nou.
dit mergel al my lewenslus,
gee hart en siel 'n harde knou.
wil eenkant in eie wese rus -
om net weer sugtend sadig te besef
hoe wreed tog die lewe is:
geraamte in 'n kas gekis!
traag om weer my droom op te hef

vingers tas onwillig na
‘n antwoord op die lewensdoel.
Punte, teer van doodgevoel,
trek krom van weereens selfde vrae -
in al die twyfelagtig somber dae
wat in my jonkwees lidtekens sny -
as soveel laaie leeg moes bly
hoekom al die bagasie saam moet dra?

soos druiwetros volrondryp
wreed deur die lewenson geslyp
tot net die smaak van eie kultivar
in my wese droog verstar
dit teen die lewensin indruis
sodat as kom proe die Wingerdboer
smaak Genade skielik na my hart se Broer
wat langs my hang aan growwe kruis
met onverstaanbaar liefdeswoorde wys
vandag sal ek saam wandel in Paradys

(jurie) junie 1995 na ‘n kanker obserwasie
Vandag maak hierdie woorde nog meer sin. Gustav, my vriend is dood na hy meer as twee jaar gewag het vir 'n longoorplanting. Vandag maak dit sin
Jurie

No comments:

Post a Comment