saintj

saintj

Thursday, 06 May 2010

Sooibrand en Uitbrand en net plein "BRAND"

Hoekom gee kerkhappies mens altyd sooibrand? = sooibrand? Waar sit 'n mens se "sooi" anyways?
Hoekom laat kerkhardloop, bestuur, bepreek, beraad, bebid, bedryf, belees, beklei, besoek, begader en..... ons so uitbrand?
Ons waarsku mense hulle moet gebekeer word anners sal hulle inni hel brand.
Die inding is deesdae nou om gebrand te word tot assies in plaas daarvan dat jy toegespit word.
Ek begin nou verdag raak oor kerk.
Dis brand-bliksems-brand!!!
En nou het een kolega al vir hom 'n Harley gekoop, want hy wil die deng ook "brand" as hy ry.
Nie eens gepraat van die anne ene wat so segrets brand nie!!!
Hierdie sooibrand raak nou so erg ek rook sommer 'n rennie!

1 comment:

  1. Ons brand soms te veel kante van die kers. In ons era brand ons nie net beide kante van die pit van die kers nie..... Nee!!!! Ons moet mos altyd meer hê!! Ons smelt sommer die hele kers!!! Twee vlammetjies is nie genoeg nie. Nou voel dit of ons rennies nodig het vir die brand in ons spys-"channels", maar eintlik het ons nodig om alles dood te blaas en te ontdek: "My flip dis nie net my kers wat lig maak nie! Ander mense se kerse gee ook lig." Miskien moet ons ook die kekr/gemeente leer om net een vlam op 'n slag te brand en ander weer leer hoe om hul kerse aan die brand te steek en nie die goed te "crimate" nie. Dis hoekom sekere ouens 'n Harley "brand", want dan kry sy eie kers se was kans om af te koel en as die kers weer aan gesteek word, brand dit soos 'n kers moét... op een punt op 'n slag, by die pit!

    ReplyDelete