die hele jaar hol ons mos soos rotte - rotresies - wonne wanne laaste het iemand gekyk watter rot voorloop. het mos anne dag gehoor net rotte kan inni rotresies deelneem - so almal wat wil hol moet rot wees en as jy wou uitklim uit die besigheid dan sal jy rot bly, want net rotte kon hol inni rotresies.
selfde ding werk maar so inni lewe. neem nou comfort zones bv. jy het net vanni ding ontslae geraak en dan is jy klaar besig om nuwe ene te ontwerp.... gaan mos maar so met kamstag uit die box uitdink ook. het jy al mooi sit en kyk hoe mense wat sogenaamd uit die box traai dink eintlik net in 'n groter box ingeklim het. die box lyk maar net so bietjie anners - kosmeties anders - die denkpatroon het verander, maar dit bly 'n patroon.....raak soms self gatvol virri boxxe. wyse vrind meen mens moet net die blerri ding weggooi, dis glo al manier om regtig uit die box te kan dink. afrikaanse naam klink mos bietjie suspect vir hierdie denke = doosdenke. nuwe naam gekry daarvoor = doosvoos... hiers 'n rot inni besigheid!