Hoekom gee kerkhappies mens altyd sooibrand? = sooibrand? Waar sit 'n mens se "sooi" anyways?
Hoekom laat kerkhardloop, bestuur, bepreek, beraad, bebid, bedryf, belees, beklei, besoek, begader en..... ons so uitbrand?
Ons waarsku mense hulle moet gebekeer word anners sal hulle inni hel brand.
Die inding is deesdae nou om gebrand te word tot assies in plaas daarvan dat jy toegespit word.
Ek begin nou verdag raak oor kerk.
Dis brand-bliksems-brand!!!
En nou het een kolega al vir hom 'n Harley gekoop, want hy wil die deng ook "brand" as hy ry.
Nie eens gepraat van die anne ene wat so segrets brand nie!!!
Hierdie sooibrand raak nou so erg ek rook sommer 'n rennie!
'n Lekker chat sirkel vir die saints/ hagios, heiliges, gelowiges wat die kruis van die amp ken en dra....
saintj
Thursday, 06 May 2010
Tuesday, 04 May 2010
Verlies
rosynhart
moeg is my geworstel nou.
dit mergel al my lewenslus,
gee hart en siel 'n harde knou.
wil eenkant in eie wese rus -
om net weer sugtend sadig te besef
hoe wreed tog die lewe is:
geraamte in 'n kas gekis!
traag om weer my droom op te hef
vingers tas onwillig na
‘n antwoord op die lewensdoel.
Punte, teer van doodgevoel,
trek krom van weereens selfde vrae -
in al die twyfelagtig somber dae
wat in my jonkwees lidtekens sny -
as soveel laaie leeg moes bly
hoekom al die bagasie saam moet dra?
soos druiwetros volrondryp
wreed deur die lewenson geslyp
tot net die smaak van eie kultivar
in my wese droog verstar
dit teen die lewensin indruis
sodat as kom proe die Wingerdboer
smaak Genade skielik na my hart se Broer
wat langs my hang aan growwe kruis
met onverstaanbaar liefdeswoorde wys
vandag sal ek saam wandel in Paradys
(jurie) junie 1995 na ‘n kanker obserwasie
Vandag maak hierdie woorde nog meer sin. Gustav, my vriend is dood na hy meer as twee jaar gewag het vir 'n longoorplanting. Vandag maak dit sin
Jurie
moeg is my geworstel nou.
dit mergel al my lewenslus,
gee hart en siel 'n harde knou.
wil eenkant in eie wese rus -
om net weer sugtend sadig te besef
hoe wreed tog die lewe is:
geraamte in 'n kas gekis!
traag om weer my droom op te hef
vingers tas onwillig na
‘n antwoord op die lewensdoel.
Punte, teer van doodgevoel,
trek krom van weereens selfde vrae -
in al die twyfelagtig somber dae
wat in my jonkwees lidtekens sny -
as soveel laaie leeg moes bly
hoekom al die bagasie saam moet dra?
soos druiwetros volrondryp
wreed deur die lewenson geslyp
tot net die smaak van eie kultivar
in my wese droog verstar
dit teen die lewensin indruis
sodat as kom proe die Wingerdboer
smaak Genade skielik na my hart se Broer
wat langs my hang aan growwe kruis
met onverstaanbaar liefdeswoorde wys
vandag sal ek saam wandel in Paradys
(jurie) junie 1995 na ‘n kanker obserwasie
Vandag maak hierdie woorde nog meer sin. Gustav, my vriend is dood na hy meer as twee jaar gewag het vir 'n longoorplanting. Vandag maak dit sin
Jurie
Monday, 03 May 2010
Maandae = Preek babbalas
Maandae is mens mos leeg. Veral as jy gister dinge moes aangee wat nie so lekker is om in te kry nie - soos slegte medisyne vir 'n kind ingee, eers is dit 'n gestoei om die goed te laat sluk en dan kom die gesig en geluide agterna - en wanneer die medisyne sy ding gedoen het is daar geen waardering of be-aming nie - jy weet in jou stillegheid jy gaan weer die goed een of ander tyd moet ingee en dan sal dit maar weer stoei kos.
Gister was daar nou dalk nie sulke medisyne nie, maar dis meer die uitputting na alles wat moes gebeur en reg moes gebeur en dit moes op 'n buitepos ook gebeur met die kreatief-uitdagende verskil - dis twee wêrelde uit mekaar uit wat liturgie, kultuur, spontaniteit ens. betref.
Maar preekmaak en erediens begelei, 'n onmoetingsgebeure fassiliteer bly uitputtend - en in ons weerloosheid weet ons eintlik ons het nie veel beheer oor die resultaat, die inneem en eie maak van alles wat in die onmoetingesgebeure (erediens) gebeur het nie.
Gister was daar nou dalk nie sulke medisyne nie, maar dis meer die uitputting na alles wat moes gebeur en reg moes gebeur en dit moes op 'n buitepos ook gebeur met die kreatief-uitdagende verskil - dis twee wêrelde uit mekaar uit wat liturgie, kultuur, spontaniteit ens. betref.
Maar preekmaak en erediens begelei, 'n onmoetingsgebeure fassiliteer bly uitputtend - en in ons weerloosheid weet ons eintlik ons het nie veel beheer oor die resultaat, die inneem en eie maak van alles wat in die onmoetingesgebeure (erediens) gebeur het nie.
Saturday, 01 May 2010
Saterdag
Het jy al ooit daai sat Saterdag gevoel gehad? Dit kom gewoonlik agv 'n uitmergelende week wat jy omwens en so uitsien na Saterdag dat wanneer dit aanbreek jy net te sat is om dit te kan geniet, energieloos, lusloos.... Daar moet 'n naam voor wees. So 'n lee gevoel eintlik 'n gevoel wat ek afwagtingspanning noem = jy het heel week geskep aan Sondag se boodskap, erediens, kreatiewe moment, gebid, gesoek, geluister,..... en nou is dit Saterdag en jy is in afwagtingspanning. Want, gaan die mense kan inneem waaraan hulle blootgestel gaan word? Gaan hulle leerbaar opdaag? Wie gaan daar wees? Gaan hulle nie net kom met 'n belewenis verwagting, op soek na ekstase en vermaak nie? Gaan hulle enigsens moeite doen om dit wat hulle leer en inneem te implimenteer in hulle lewe?
ly jy ook soms aan afwagtingspanning?
ly jy ook soms aan afwagtingspanning?
Subscribe to:
Posts (Atom)