saintj

saintj

Monday, 03 May 2010

Maandae = Preek babbalas

Maandae is mens mos leeg. Veral as jy gister dinge moes aangee wat nie so lekker is om in te kry nie - soos slegte medisyne vir 'n kind ingee, eers is dit 'n gestoei om die goed te laat sluk en dan kom die gesig en geluide agterna - en wanneer die medisyne sy ding gedoen het is daar geen waardering of be-aming nie - jy weet in jou stillegheid jy gaan weer die goed een of ander tyd moet ingee en dan sal dit maar weer stoei kos.
Gister was daar nou dalk nie sulke medisyne nie, maar dis meer die uitputting na alles wat moes gebeur en reg moes gebeur en dit moes op 'n buitepos ook gebeur met die kreatief-uitdagende verskil - dis twee wêrelde uit mekaar uit wat liturgie, kultuur, spontaniteit ens. betref.
Maar preekmaak en erediens begelei, 'n onmoetingsgebeure fassiliteer bly uitputtend - en in ons weerloosheid weet ons eintlik ons het nie veel beheer oor die resultaat, die inneem en eie maak van alles wat in die onmoetingesgebeure (erediens) gebeur het nie.

No comments:

Post a Comment